Murray-staaltjies

Tuis

Jongste nuus

Saamtrekke en reŁnies

Murray: Kort geskiedenis
Murray: Stamboom

Murray: Naamstudie

Bedrywighede
Familiestaaltjies
Fotoalbum

Skakels
Kontak ons

www.murray.za.net

www.murray.za.net

Staaltjies oor die Murrays

Sodra ons genoeg staaltjies het, sal ons hulle op aparte bladsye sit.


Hoe John Lightning aan sy bynaam gekom het

John "Lightning" Murray was die oudste seun en die tweede oudste kind van die stamvader van die familie John Murray van Suid-Afrika. Hy is op 25 Januarie 1818 in Kaapstad gebore en het in 1882 naby Drie Susters in die Karoo gesterf.

Sy ouer suster was Margaret, wat op 1 Maart 1816 in Kaapstad gebore is, en op 28 Junie 1833 op Stellenbosch gesterf het.

John was Ďn onderwyser van beroep en het op verskeie plekke in Kaapland skool gehou. Dit was op Franschhoek, Bredasdorp, Napier en Worcester in die Wes-Kaap, en Victoria-Wes in die Noord-Kaap.

Die Victoria West Messenger van 13 November 1882 berig die volgende:
John Murray was Vrydag, 3 November, met sy perdekar onderweg toe hy deur Ďn storm oorval en vermoedelik deur weerlig gedood is. Die voorval het op die pad tussen Grootfontein en Pampoenfontein (distrik Victoria-Wes) plaasgevind. Dit het later aan die lig gekom dat John van die plaas Grootfontein af na sy woning op Uilspoort onderweg was. Hy was alleen op die oop rytuig wat deur 2 perde getrek is. John het Grootfontein in die namiddag bereik, en het weer om half vier (15:30) daarvandaan vertrek. Maandagoggend (6 November) het ene mnr De Bruyn daar verby gery en John Murray se verkoolde lyk agter Ďn bos langs die pad gevind. Dit het later geblyk dat die storm losgebars het net na sy vertrek van Grootfontein af. Hy het toe agter Ďn bos gaan skuiling soek waar hy deur die bliksemstraal getref is. Ďn Gedeelte van sy baard was weggeskroei, sy hoed het Ďn gat in gehad, en die bos was tot as verbrand. Die oorledene was vir baie jare Ďn onderwyser in die distrik, en was Ďn bekende en gerespekteerde persoon van die gemeenskap. Hy laat sy vrou en verskeie kinders agter.

Dit is nog nie amptelik bekend waar John begrawe is nie, maar die vermoede bestaan dat hy en sy vader (John senior) altwee op die plaas Uilspoort (sowat 24km suid van Loxton, op pad na Beaufort-Wes) begrawe is. Pampoenfontein, waar die voorval vermoedelik plaasgevind het, lÍ wes van Drie Susters.

Sowat 100 jaar later het Ďn paar van John Murray se afstammelinge begin navorsing doen oor die familie John Murray van Suid-Afrika. Hulle was ds Samuel Murray (snr) van Jeffreysbaai, sy seun Peter van Riebeeckstad, en Ďn agterkleinneef van Durbanville, Percy Murray. Aangesien daar so baie voorgeslagte met die naam John Murray was, het die navorsers begin deurmekaar raak, en hulle het soms lelik kleigetrap om die regte John by die regte plek in te pas. Dit was toe dat Percy besluit het om die onderwyser, wat deur die bliksemstraal doodgeslaan is, "John Lightning" te doop.


Van Babanango tot Keetmanshoop in een jaar

Ds Izak DaniŽl Johannes Murray - derde oudste kind van Izak en Dinah Murray van Loxton, en kleinseun van John Murray wat in 1818 in Kaapstad gebore is en onderwyser op Carnarvon en Victoria-Wes was - het van 18:07:1888 tot 04:03:1988 geleef. Hy was onder meer van 1923 tot 1924 predikant in Duitswes-Afrika.

Boet Sakkie, soos sy broers en susters hom aangespreek het, en oom Izak, soos die res van die familie hom geken het, was 'n rustige, vriendelike mens wat soos 'n vaderlike figuur altyd vir elkeen 'n goeie woordjie gehad het. In sy tyd het daar groot veranderinge in Suid-Afrika, en ook in die res van die wÍreld plaasgevind.

Die destydse Saakgelastigde van die N.G. Kerk in Suid-Afrika, Dr M M (Thys) Nieuwoudt, skryf onder meer in sy boek "Die Nederduits Gereformeerde Kerk in Suidwes-Afrika" oor die swaarkrydae van die kerk, en oom Izak se ervaring in diť uitgestrekte land wat vandag as NamibiŽ bekendstaan.

Oom Izak het in 1919 sy studies aan die Kweekskool van die Universiteit van Stellenbosch voltooi en in 1920 as jong predikant in die gemeente Babanango in KwaZulu-Natal begin werk. Die kerk in Duitswes was in groot nood omdat geld skaars was en geen hulp op geestelike vlak beskikbaar was nie.

In 1922 het die kerk toe aan die belowende jong predikant in Natal gevra of hy nie tog asseblief sy hulp wil aanbied nie, aangesien eerwaarde Eduard Leonard die enigste N.G. Kerk-predikant in die ganse land van Suidwes-Afrika was.

Die jong ds Murray het positief gereageer en gereed gemaak vir die lang reis. Dit is nie seker met watter soort vervoermiddel oom Izak van Babanango af Kaapstad toe gereis het nie, maar ons weet dat hy vroeg in Januarie 1923 uit Kaapstad met 'n skip na LŁderitzbucht vertrek het.

Swaar reŽn in Suidwes het pad- en spoorverbindings verbreek sodat dit haas onmoontlik was om die binneland te bereik. Oom Izak was genoodsaak om per skip tot in Walvisbaai te reis, en dan te probeer om sy reis verder oor Swakopmund en Windhoek na Keetmanshoop voort te sit.

Van Walvisbaai af het hy per trein gereis na die klein Duitse dorpie Swakopmund, net noord van Walvisbaai, maar gedurende die nag het 'n sterk wind opgekom en die Namibwoestyn se sand oor die spoorlyne gewaai, sodat daar 'n groot sandduin net buite Swakopmund dwarsoor die treinspoor gelÍ het.

Die trein moes kort duskant Swakopmund stop en alle passasiers aflaai. Die res van die reis na Swakop is te voet afgelÍ. Vir die bejaardes, en diegene wat swaar geloop het, is spesiale reŽlings getref. Hulle kon saam met die bagasie op "platwielkarre" deur die rivierbedding getrek word.

Die ervaring met die sand wat op die treinspoor gewaai het, het oom Izak laat wonder of 'n mens nie 'n voertuig kan ontwerp wat sy spoor met hom kan saamneem nie. 'n Tyd later sien hy tot sy verbasing in 'n Duitse koerant dat die Duitsers wel so 'n voertuig ontwerp het wat "sy spoor met hom saamneem". Die voertuig is 'n "tenk" genoem en is in die Eerste WÍreldoorlog gebruik om in sand en in swaar sneeu te loop.

Omdat die spoorlyn tussen Swakopmund en Windhoek ook deur swaar reŽn beskadig was, moes dele van die reis per ossewa afgelÍ word. "Op 15 Februarie 1923 klim ek toe in stortreŽn op Windhoek se spoorwegstasie van my trein af," vertel oom Izak aan dr Nieuwoudt.

Vir die volgende 6 weke het ds Izak Murray eredienste in klaskamers van die HoŽrskool Windhoek gehou. Hy het ook lidmate van die kerk by hul huise, in tronke en in die hospitaal besoek. Babas is gedoop, paartjies is getrou, nuwe lidmate is voorgestel en dooies is begrawe.

Die spoor tussen Windhoek en Keetmanshoop was steeds onbruikbaar as gevolg van oorspoelings wat deur swaar reŽn veroorsaak was. Intussen is berig ontvang dat die spoor tussen LŁderitzbucht en Keetmanshoop gelukkig herstel is en dat dit oom Izak se beste kans was om so gou as moontlik op Keetmanshoop te kom.

Oom Izak het toe per trein van Windhoek na Swakopmund vertrek, maar dit was nog nie die einde van sy probleme nie. Die Swakoprivier was weer in vloed en weer moes die passasiers per "platwielkar" deur die rivier getrek word.

Op Walvisbaai het hy die stoomskip "Osarana" gehaal wat hom na LŁderitzbucht geneem het waar hy op Goeie Vrydag 1923 aangekom het. Pastor Wandres van die Duitse Lutherse Kerk het hom vriendelik ontvang en sy pastorie se stoepkamer tot oom Izak se beskikking gestel, waar hy 'n kerkdiens vir die plaaslike Afrikaanse gemeenskap gehou het.

Die reis na Keetmanshoop kon toe na die Paasnaweek per trein voortgesit word. Presies 12 maande nadat oom Izak van Babanango in Natal vertrek het, het hy sy bestemming, Keetmanshoop, in veiligheid bereik (soos die kraai vlieg, 'n afstand van sowat 1 300 km).

Oom Izak se amptelike vervoermiddel op Keetmanshoop was 'n vaal donkie. En, as hy gelukkig was, het 'n ryk boer vir hom sy perdekar vir 'n kort tydjie geleen. Aan sy broers en susters wat in Suid-Afrika gewoon het, het oom Izak geskryf, "my motor waarmee ek hier in Duitswes ry, het twee lang ore".

Omdat daar toe slegs twee predikante in Suidwes was, moes die gebied in twee verdeel word. Die gedeelte wat oom Izak moes bedien, het van Windhoek in die noorde tot by die Oranjerivier in die suide, en van die Atlantiese oseaan in die weste, tot by die grens met Betsjoeanaland (vandag Botswana) in die ooste, gestrek.

Eerwaarde Eduard Leonard, wat leraar van die gemeente Moria op Grootfontein was, was vir baie jare die enigste leraar van die N.G. Kerk in Suidwes. Sy planne was om die gebied in vier dele te verdeel, wat die gemeentes van Moria, Windhoek, Gibeon en Keetmanshoop sou heet, met Grootfontein, Windhoek, Marienthal en Keetmanshoop as tuisdorpe van die vier predikante. Hierdie ideaal van Eerw. Leonard sou toe wel later vervul word. Op 24 Februarie 1924 is die gemeente Keetmanshoop amptelik gestig.

In 1925 het oom Izak na Oranjeville in die Noord-Vrystaat verhuis waar hy sy loopbaan as predikant voortgesit het. Hy is op 04:01:1926 op Beaufort-Wes met Petronella Carolina Retief de Villiers getroud.


Murrays In Die Kalahari

Ds Samuel Murray (snr) is op 21 Julie 1913 op Loxton in die Karoo gebore. Hy was die jongste van 13 kinders, waarvan sewe seuns en ses dogters was. Sy ouers was Izak Johannes Murray, wat op 11:08:1850 op Napier in die Suid-Kaap gebore is, en Dinah Margaretha de Vries, wat op 01:05:1867 op Prins Albert gebore is.

Daar was altesaam vier broers wat in die teologie studeer het. Hulle was Izak (Boet Sakkie), Hamilton (Ham), Abraham (Abť) en Samuel (Sam). Ham en Abť was sendelinge in onderskeidelik Lusaka in ZambiŽ, en Mvera in Malawi, terwyl Izak en Sam predikante van die blanke kerk was.

Nadat ds Sam Murray sy studies in 1937 op Stellenbosch voltooi het, het hy in 1938 met 'n studiebeurs aan die Teologiese Seminarium van die Universiteit van Princeton in die staat New Jersey in die VSA studeer. Aan die einde van 1938 is hy gelegitimeer as leraar van die Nederduits Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika.

Omdat gemeentes in daardie tyd skaars en predikante vollop was, het hy 'n paar jaar as hulpleraar gedien. Hy was by die gemeentes van Grootrivier (Upington/Louisvale), Maraisburg (Johannesburg) en Kensington (Port Elizabeth). Sy eerste eie gemeente was Paterson in die Oos-Kaap.

Nadat hy ook in Hofmeyr was, is ds Samuel Murray in 1950 na die gemeente Leonard in Suidwes-Afrika (vandag NamibiŽ) beroep. Leonard is in 1944 as die 11e gemeente van die kerk in Suidwes gestig, en is na Eerwaarde Eduard Leonard, eerste predikant van die kerk in Suidwes, vernoem.

Die jong egpaar en hul kinders, wat toe uit drie seuns bestaan het, is per motor van Hofmeyr in die Oos-Kaap af na Britstown in die Karoo, waar die teerpad van destyds opgehou het. Aangesien die reis andersins oor 'n baie slegte grondpad sou moes gaan, het ds Murray besluit om liewer van die treindiens gebruik te maak.

Die motor is toe voor op 'n goedere-trok gelaai terwyl die gesin agter in die trein op 'n passasierswa gery het. Op Marienthal (vandag Mariental) het ds Murray en sy gesin van die trein geklim en per motor na 'n klein gehuggie met die naam "Blumfelde", gery waar hulle in 'n gastehuis tuisgegaan het.

Blumfelde, wat op die droŽ Olifantsrivier aan die westelike rand van die Groot Kalahari lÍ, was een van die gemeente Leonard se buitewyke. Op 26 Augustus 1950 is die Murrays amptelik op Blumfelde deur die kerkraad en gemeente ontvang. Die reis was egter nog nie klaar nie, want die Murrays sou op Pretorius gaan woon.

Pretorius, wat in daardie jaar sowat 50 blanke inwoners gehad het, lÍ net suid van die Steenbokskeerkring, op die droŽ Nossobrivier. Die Murrays het hul intrek in 'n pragtige ou groot huis van sandsteen ingeneem. Die huis het op 'n kalkheuweltjie aan die rand van die Nossobrivier gestaan en het reeds voorheen as pastorie gedien.

Dit was pioniersjare. Daar was geen water en elektrisiteit in die pastorie nie. Drinkwater moes met emmers van die dorp se fontein af aangedra word. Eers heelwat later is 'n boorgat agter die huis teen 'n heuweltjie gesink, wat die pastorie gelukkig van sterk sub-artesiese water voorsien het.

Aanvanklik moes kerse, lanterns en paraffienlampe vir lig in die groot donker huis dien. Badwater is op 'n antrasietstoof verwarm. In die winter is warmwater in glasbottels gegooi om die koue voete mee warm te hou. Soms is van die outydse strykysters gebruik, want yster bly langer warm as water.

Ds Murray het self die kerksaal en pastorie bedraad en van elektriese lampe voorsien. As kragopwekker is daar van 'n windlaaier gebruik gemaak. Maar, in die Kalahari waai die wind byna nooit, dus was die paar batterytjies van ds Murray, wat net 32-volt kon dra, gedurig pap, en was daar geen elektriese lig in die groot huis nie.

Moedeloos het ds Murray toe maar eendag sy motor geneem en die 150 myl (sowat 240 km) slegte grondpad na Windhoek aangedurf en vir hom 'n enjin gaan koop wat sterk genoeg was om genoeg krag op te wek. Hy kon toe ook vir hom 'n radio (of draadloos, soos dit in daardie jare genoem is) in Windhoek gaan koop.

Nuus was maar skaars, en die dagkoerante, wat van Kaapstad per pos aangestuur is, was reeds 10 tot 14 dae oud wanneer dit op Pretorius aangekom het. Radio-ontvangs was ook uiters swak, en die daaglikse nuus kon slegs met moeite gehoor word.

Pretorius het, uit die aard van die saak, ook geen bakkery, geen slaghuis en geen melkery besit nie. Die Murrays moes, so gou as moontlik, selfvoorsienend raak. Slagskape en slagbokke het sowat 3 Pond Sterling gekos. Die Murrays moes lewende hawe aankoop en self slag.

Eers is 'n paar hoenders aangeskaf. Later is is melkkoeie geleen of gehuur. 'n Barmhartige Samaritaan het van sy koeie geleen, en later aan mev Murray (Phoebť) as 'n verjaarsdaggeskenk gegee. So het die Murrays dan geleer om vir hulself te sorg en met alles en nog wat op klein skaal begin boer.

Hoenderhokke, duiwehokke, 'n skaapkraal en 'n beeskraal is aangelÍ. Koeie moes self gemelk word, room is afgeskei en botter is daarvan gemaak. Die Murrays was almal lief vir suurmelk (ook dikmelk genoem), want in die somer was dit 'n heerlike dorsverfrisser.

Die naaste dokter was op Gobabis. Hy het die dorpie net elke 14 dae besoek. Dan was dit ook net vir 'n paar uur, sodat slegs die belangrikste mediese hulp verleen kon word. Apteke was iets onbekends in die Kalahari. Gelukkig het die eienaar van die plaaslike snuistery-winkeltjie, oom Hennie MŲller, mediese kennis gehad.

Oom Hennie het medies studeer, maar moes weens omstandighede sy studies voortydig staak. Hy was ook die man wat gesorg het dat Pretorius se mense broodmeel, mieliemeel, suiker, sout, ens., in die huise gehad het. Elke maand moes elke huisvrou haar bestelling by oom Hennie inhandig.

Die voorrade kruideniersware is per spoorwegbus van Windhoek af, via Gobabis, na Pretorius vervoer. Om melk, botter, vleis en drinkwater koud te hou, is daar 'n "koeler" voor die pastorie se agterdeur gebou. Die koelkamer was groot genoeg om alle voorrade wat nodig was daarin te berg.

Hospitale was ook maar skaars in Suidwes. Gobabis, wat sowat 80 myl (of 140 km) van Pretorius af was, het 'n klein, uiters primitiewe hospitaaltjie gehad. Vir minder ernstige gevalle is daar van Gobabis se hospitaal gebruik gemaak, maar as dit ernstig was, moes ds Murray na Mariental, Windhoek of selfs Upington toe jaag.

Pretorius het sy ontstaan gehad deurdat die eienaar van die plaas "Pretorius", mnr Izak Buys, sy huis vir kerkdienste en vir skoolhou laat gebruik het. Windhoek was vir hom te ver om te ry en hy het toe van sy bure genooi om hul kinders na hom te stuur, waar sommige kinders dan ook geloseer het.

Spoedig het die behoefte aan meer geriewe gegroei en het mnr Buys sy huis vergroot en sekere binnemure uitgeslaan om dit as 'n saal in te rig. Van toe af is kerkdienste gereeld deur hom of 'n ouderling gehou, en is skoolonderrig aan sy en sy bure se kinders gegee.

Toe die behoeftes aan geriewe verder gegroei het, is 'n skoolgebou met drie klaskamers en 'n koshuis met slaapplek vir sowat 80 kinders 'n myl verder van die plaashuis gebou. Die plaashuis self is in 'n kerksaal omskep en 'n pastorie is langsaan gebou. Dit was die geboorte van Pretorius.

Vroeg in die vyftigerjare is daar deur die groepie bewoners van die gehuggie by die Suidwes-administrasie in Windhoek aansoek gedoen om dorpstatus, en dus ook hulp van die regering in Windhoek. Die aansoek is goedgekeur, op voorwaarde dat die dorp se naam verander, en dat dit hoŽr op, uit die riviervallei, verskuif.

Die dorpsbeplanners, wat 'n baie hoŽ dunk van, en respek vir, eerwaarde Leonard gehad het, het toe op die naam Leonardville besluit. Voortaan sou Pretorius as Leonardville bekendstaan. Die gemeente se naam was Leonard. 'n Nuwe skool, en 'n koshuis vir 150 inwoners, is op die plato buite die riviervallei gebou.

Ook 'n splinternuwe kerkgebou met 'n hoŽ toring, horlosie en moderne pyporrel, is in die nuwe uitbreiding gebou. Dit is opgevolg deur 'n kliniek, pastorie, groot winkel, landbou-koŲperasie, handelsbank, polisiekantoor, poskantoor, garages en vulstasies, en woonhuise. Hoewel steeds klein, was Leonardville nou 'n egte dorp.

Ds Murray se gesin het intussen na vyf kinders gegroei. Hulle was Isak, Peter, Samuel, Christo en Eunicť. Die eerste drie is in die Oos-Kaap gebore, die vierde in Mariental en die vyfde in Die Paarl. Toe die skool na die nuwe dorp verskuif is, moes die Murray-kinders die 4 km skool toe stap - winter en somer.

In die winter was dit nie so erg nie, maar in die somer het die dagtemperatuur soms tot 45 grade Celsius gestyg. Die naaste hoŽrskool was in Gobabis, maar sommige ouers het hul kinders na skole in Windhoek en Upington gestuur. Die gewildste universiteite was diť van Stellenbosch, Bloemfontein en Potchefstroom.

Die gemeente Leonard was aanvanklik 500 myl (of 800 km) in omtrek en het van gestrek van Gobabis tot by Gochas, en van Kalkrand tot by die grens tussen Suidwes en Betsjoeanaland. Ds Samuel en sy broer Izak was nog van die ou soort predikante wat geglo het dat persoonlike huisbesoek die predikant se belangrikste taak is.

Om gereeld elke jaar elke huisgesin in die groot gemeente te kon besoek, het beteken dat ds Murray soms vir weke lank op reis was. Later is die wyke van Uhlenhorst en Arahoab afgestig, en het die afstande wat deur ds Murray gery moes word effens gekrimp.

Uhlenhorst het deel geword van die nuwe gemeente van Kalkrand, en Arahoab het deel geword van die nuwe gemeente van Aranos. Blumfelde en Leonardville het deel van die bestaande gemeente gebly. Sinodesittings en Ringskommissievergaderings was in Bloemfontein, Kaapstad en Windhoek gehou.

Wanneer ds Murray na sinodesittings moes ry, is die kinders gewoonlik in die koshuis opgeneem en het dikwels met skoolvakansies saam met klasmaats plaas toe gegaan. Daar kon hulle alles ervaar wat gewoonlik op 'n Kalahari-plaas gebeur het. Perdry, springhaasjag, lammers tel, karakoelpelse sorteer, en vele meer.

Na 8 jaar en 4 maande in die Kalahari het die Murrays daardie woderlike land, met sy vriendelike, gasvrye en hulpvaardige mense, op 18 Desember 1958 verlaat en na Jan Kempdorp in die Noord-Kaap verhuis.


Ds Samuel Murray oorlede 18 Augustus 2005

Samuel Murray sr

Ds Samuel Murray B.A., Th.M., is op 18 Augustus 2005 in die ouderdom van 92 jaar in die ouetehuis op Humansdorp oorlede.

Hy was die jongste van 13 kinders en is op 21 Julie 1913 op Loxton in die Karoo gebore. Sy ouers was Izak en Dina (De Vries) Murray.

Wyle ds Murray het op Victoria-Wes in die Karoo en op Heilbron in die Noord-Vrystaat skoolgegaan. Na matriek is hy na die Universiteit van Stellenbosch, waar hy 'n B.A.-graad verwerf het. In die 1937/1938-akademiese jaar het hy met 'n beurs aan die Princeton Theological Seminary in New Jersey, VSA., studeer, waar hy die graad Th.M. verwerf het.

Mev Murray het van 1936 tot 1938, ook met 'n beurs, aan die Iowa State University in Des Moines, VSA, studeer waar sy 'n M.Sc.-graad in Huishoudkunde/Moederkunde verwerf het.

Na sy legitimasie in 1938 het ds Murray vir sowat 3 jaar as hulpleraar in die gemeentes van Grootrivier (Louisvale), Fordsburg (Johannesburg) en Kensington (Port Elizabeth) gearbei.

Op 25 Februarie 1941 is ds Murray op Clocolan met Eunicť Phoebť Grewar in egte Voortrekkerdrag getroud. Mev Murray was die dogter van Peter George Lourens Grewar en Ignasina Wilhelmina (gebore Van Rooyen) Grewar, wat op die plaas Skeefkop, net buite Clocolan, geboer het.

Wyle ds Samuel Murray het die volgende gemeentes van die Nederduitse Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika bedien: 1942 Paterson; 1947 Maraisburg (Hofmeyr); 1950 Leonard (S.W.A.); 1958 Vaalharts (Jan Kempdorp); 1964 Parkheuwel (Port Elizabeth); 1970 Windhoek-Hoogland (S.W.A.); en 1977 Kareedouw. Op 17 Maart 1980 het hy sy emeritaat ontvang en op Jeffreysbaai gaan aftree waar hy en mev Murray sowat 10 jaar lank gewoon het.

In 1990 het die Murray-egpaar na Ons Tuiste, 'n tehuis vir bejaardes op Humansdorp, verhuis. Mev Murray is op 21 Augustus 1994 in die tehuis op Humansdorp oorlede, en haar eggenoot 11 jaar later, op 18 Augustus 2005.

Ds Murray, wat 15 jaar lank 'n inwoner van Ons Tuiste was, was gewild onder lede van die personeel. Aan die begin het hy ook dikwels die huisgodsdiens vir die inwoners en personeel gehou.

Die egpaar laat 5 kinders, 11 kleinkinders en 2 agterkleinkinders agter.

(c) Peter Murray, 2005. Laas bygewerk 2011-01-14. http://www.murray.za.net/staaltjies.html