Murray-bedrywighede

Tuis

Jongste nuus

Saamtrekke en reünies

Murray: Kort geskiedenis
Murray: Stamboom

Murray: Naamstudie

Bedrywighede
Familiestaaltjies
Fotoalbum

Skakels
Kontak ons

www.murray.za.net

www.murray.za.net

Nuusbriewe

'n Nuusbrief - wat nie baie gereeld verskyn nie, en wat slegs uitgegee word wanneer daar genoeg geld en nuus is - het sowat 20 jaar gelede vir die eerste keer verskyn. Om en by 15 uitgawes, wat wissel in formaat, gehalte en gewildheid, het reeds die lig gesien. Aanvanklik is daar gepoog om die nuusbrief gereeld uit te gee, en om soveel families as moontlik daarby te betrek, maar weens gebrek aan belangstelling by die familie, het daar nie veel van tereg gekom nie.

Omdat die aard van die nuusbrief baie persoonlik was, en meestal net dekking aan 'n paar families verleen het, was dit nooit geskik vir verspreiding onder die algemene publiek nie. Uittreksels oor spesifieke onderwerpe wat van openbare belang is, mag dalk op 'n later stadium uitgesoek en op nuut saamgestel word om aan die algemene publiek beskikbaar te stel.

Saamtrekke

Die Murrays het 'n amptelike reunie in 2007 gehou (lees daaroor hier), en is gewoonlik ook in redelike groot getalle by begrafnisse en verjaarsdagbyeenkomste byeen.

Adresse

Ons is in besit van sowat 200 Murrays se adresbesonderhede, maar aangesien die meeste mense gesteld is op hul privaatheid, sal ons nie 'n volledige adreslys van alle Murrays op die internet beskikbaar stel nie. Indien ons versoeke ontvang van betroubare individue wat 'n adres vir 'n goeie doel benodig, sal ons dit versigtig oorweeg om sodanige adres te verskaf.

(c) Peter Murray, 2005. Laas bygewerk 2008-01-12. http://www.murray.za.net/bedrywighede.html