Murray: Naamstudie

Tuis

Jongste nuus

Saamtrekke en reünies

Murray: Kort geskiedenis
Murray: Stamboom

Murray: Naamstudie

Bedrywighede
Familiestaaltjies
Fotoalbum

Skakels
Kontak ons

www.murray.za.net

www.murray.za.net

Familiewapen

Die nageslagte van John Murray het nog nie 'n wapen nie. Daar is wel sekere Murrays wat in besit van "hul eie wapen" is, maar by verreweg die meeste famliewapens in Suid-Afrika is deur gewetenlose handelaars vervals en as "egte" wapens aan niksvermoedende familielede verkwansel.

Enige individu is vry om aansoek te doen om 'n wapen eksklusief vir hom/haar te laat ontwerp, maar 'n mens kan nie na die eerste die beste wapenhandelaar gaan en vra om 'n familiewapen nie.

Natuurlik is handelaars maar te gretig om aan 'n ieder en 'n elk sy of haar "eie" wapen te verskaf, maar dan maak die handelaar sommer sy eie ontwerp en bied dit dan as "die ware Jakob" aan.

Voordat 'n wapen aangevra word, behoort belangstellendes eers navraag by die Suid-Afrikaanse Buro vir Heraldiek te doen.

Omtrent 90% van alle Suid-Afrikaners sal verbaas wees om te hoor dat hul familie nog nooit 'n wapen besit het nie. En van diegene wat wel 'n wapen besit, is daar 9 uit 10 wat 'n vervalsing in hul besit het. In 1989 was daar na bewering meer as 42 000 vervalste familiewapens in omloop wat deur handelaars soos soetkoek aan oningeligte kliënte verkoop het. Wees dus gewaarsku.

Morayshire

Hier is die embleem (wapen) van die "Province of Moray". 'n Mens kan seker aanvaar dat dit die basis of standaard was waarop die Murrays oor die jare heen hul wapen geskoei het. Die Goue Kroon, Blou Skild en Drie Wit (Vyfpuntige) Sterre is die hoof eienskappe van die Murray-wapen, met variante daarby om die verskillende groepe uitmekaar te ken.

Province of Moray

Afbeelding uit BARTHOLOMEW se Scotland of Old. Clan Names Map. The Lands, The Arms and the Crests.

Tartan

Die John Murray-familie van Suid-Afrika het waarskynlik ook geen tartan wat eie aan hierdie familie is nie, maar daar is twee tartans in Skotland wat tradisioneel deur die Murrays van Atholl en die Murrays van Tullibardine gebruik is. Dit bestaan uit 'n groen agtergrond en 'n breë blou-pers baan wat horisontaal en vertikaal oor die groen agtergrond loop. Dan is daar 'n dun rooi strepie wat ook horisontaal en vertikaal oor die patroon loop.

Een van die Murray-tartans

(c) Peter Murray, 2005. Laas bygewerk 2008-01-12. http://www.murray.za.net/naam.html